NPO # 304-390

Contact: 082 430 8102 | go@feedthefuture.co.za

Lig & Liefde – Carpe Diem Skool

by | Sep 11, 2025 | Events | 0 comments

🌸 En toe staan alles stil… šŸŒø

Donderdag, 11 September 2025, was nie net ā€˜n datum op die kalender nie—dit was ā€˜n dag wat ons harte stil gemaak het. Ons het die ongelooflike voorreg gehad om Carpe Diem Skool te besoek, ā€˜n plek waar gestemde kinders met soveel moed en vreugde die lewe aanpak. Ons doel was eenvoudig: om ā€˜n bietjie lig en liefde te bring in die vorm van doeke vir die kinders wat Desember huis toe gaan. Dis nie genoeg vir die hele vakansie nie, maar darem vir ā€˜n maand se gerief.

Ons het ook soyasocks van Soft Landings saamgeneemā€”ā€˜n voedsame bederfie vir naweke en vakansies. Die Skoonheidsklas het handdoeke ontvang vir hul wonderlike werk met massages en facials, en ons het sanitere doekies vir die meisies gebring om hul selfvertroue te ondersteun.

šŸŽ¶ En toe kom die kinders… met dans, musiek en sang wat ons siel aangeraak het. Trane het gevloei—van bewondering, van dankbaarheid, van diepe emosie. Hierdie kinders, wat reeds soveel uitdagings trotseer, het ons met hul entoesiasme en talent oorweldig. Ongelukkig kan ons nie foto’s deel nie weens die POPI-wetgewing, maar glo my: die beelde sal vir altyd in ons harte leef.

Daarna het ons die pottery klas besoek, en ek was eenvoudig meegevoer. Die kinders se handewerk is pragtig en uniek—ek wou alles koop! Gelukkig is daar ā€˜n Kersmark waar hierdie kunswerke te koop sal wees. Moenie dit misloop nie!

Toe ek wegry, met die soet klanke van hul musiek nog in my ore en die ritme van hul dans in my hart, het ek besef: vandag was ā€˜n kosbare geskenk uit die Vader se Hand. ā€˜n Dag van onverwags seĆ«n. ā€˜n Dag om weer stil te staan en dankbaar te wees vir alles wat ons so maklik as vanselfsprekend aanvaar.

šŸ™ Dankie aan die ongelooflike span wat hierdie dag moontlik gemaak het:

• Nicci van Soft Landings

• Marietjie van EKerk

• Lientjie en Lizelle van Nedbank Commercial

• Ds Helena, Tish en Hannelie van George Suid Gemeente

• Rory en Petrie van die Louw Swanevelder Old Mutual Praktyk

• Martie en Heinn van Feed the Future

En aan elke personeellid en medewerker by Carpe Diem: ons wens julle die mooiste seĆ«n toe uit ons Vader God se Hand. Dankie dat julle elke dag die wĆŖreld ā€˜n beter plek maak vir hierdie kinders. Dankie dat julle my hande sterk maak.

šŸ’– Liefde – Marina šŸ’–

#GeeMetLiefde #OnverwagteSeen #Dankbaarheid #SoftLandings #Ekerk #GeorgeSuidGemeente #NedbankCommercial #OldMutualPraktyk #KindersMetMoed #VaderSeHand #LiefdeInAksie #SeƫnVirElkeen