“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!”
Ek weet nie regtig hoekom nie, maar die akkoorde van hierdie lied het in my kop weergalm die dag toe ons ons uitreik by Kretzenshoop Laerskool gehad het Okt 2025. Dit was ‘n dag gevul met genade, liefde en die tasbare teenwoordigheid van engele in mensvorm.
En daar was hoop in my hart en geloof in my siel dat ons dalk, na twee jaar se soek en bid, ’n manier kan kry – dat iemand wat iemand ken, dalk die regte persoon is om te help met skuiling vir die kinders.
Kinders wat daagliks in die oopte sit – somer en winter, in hitte en koue – om hul kos te ontvang. Kinders wat nie vra nie, maar wag. Kinders wat nie kla nie, maar hoop.
Mag hierdie boodskap ’n saadjie wees. Mag dit die regte hart aanraak. Mag dit die regte hand beweeg. Want as ons saamstaan, kan ons bou – nie net ’n afdak nie, maar ’n toekoms.
🎁 Hoogtepunte van die dag:
🥣 Ons het kospakkies voorberei vir 400 minderbevoorregte kinders: elke sak bevat 1 kg meel, pap, suiker en 5 soyasocks – in totaal 2000 soyasocks gepak.
😅 Dit was ‘n Babelse verwarring, ‘n besige besigheid en vet pret – ‘n ware fees van diensbaarheid.
🧊 Die kombuispersoneel het geskenke ontvang: ‘n yskas/vrieskas, overalls, skottels, ‘n fan en novilon vir hul werkoppervlaktes. Hul glimlagte het alles gesê! Dankie aan #ekerk en #Marietjie Joubert.
🍽️ Petrie en Edith Swanevelder het breekgoed geskenk – nou kan die personeel uit mooie koppies, bekers en glase drink. Dankie vir julle ruimhartigheid!
🧦 Alle bestanddele vir die soyasocks is geskenk deur Nicci van #Soft Landings – jou bydrae het ‘n GROOT verskil gemaak!
🌭 Die partytjie vir amper 1000 kinders was ‘n hoogtepunt – Vet Pret in overdrive – nom nom nom hier kom die hotdogs, ysies, GASkoeldrank, lekkers en chips….. ons magies is VOL vandag vol lekkerte en liefde
👩🍳 Louise Lategan van Nedbank Commercial, haar Chosen Ones-span en ander vrywilligers het al douvoordag begin hotdogs maak – ek het ook een geeët en dit was super lekker! Hulle het ook al die hotdogs gesponsor – Groot dankie!!! Dankie vir julle skryfbehoeftes, sanitere ware en Hein wat ook gehelp het met alles Vervoer en aanry. Julle is ‘n gedugte span.
🥤 Fanie en Alet de Lange – dankie vir die 1000 botteltjies gaskoeldrank wat julle geborg het. Dit was ‘n groot bederf vir die kinders! Groen of rooi, of oranje of coke te kus en te keur vir kinders wat selde of ooit ‘n keuse het.
❄️ Roelof van Dolderen – ‘n groot dankie vir die 1000 ysies wat jy geskenk het. Dit was ‘n heerlike verfrissing vir die kinders op ‘n warm dag – jy het hulle harte en lywe afgekoel met liefde!
💚 Old Mutual Personal Financial Advice – Kobus Nel en sy Kwagga-span – baie dankie vir julle waardevolle bydrae en betrokkenheid. Julle ondersteuning het ’n groot verskil gemaak en wys dat ware omgee steeds bestaan!
🧶 Judy van der Westhuizen van Old Mutual Insure – dankie dat jy al die pad van Mosselbaai gekom het en vir die gehekelde komberse wat jy deurentyd met soveel liefde skenk aan dié in nood. Jou handewerk bring warmte – nie net fisies nie, maar ook in die harte van die ontvangers.
🔘 Amouri Jones en die Inovar Flooring-span – dankie dat ons altyd op julle knoppe kan druk! Julle is altyd bereid om te help, met ’n glimlag en ’n oop hart. Julle betroubaarheid en ondersteuning beteken meer as wat woorde kan sê.
🚚 Amor Venter en sy span van CME Marketing – dankie dat julle alles aanry, vervoer reël en orals help waar julle kan. Julle is altyd daar waar dit saak maak – ons waardeer julle opreg vir jul onbaatsugtige diens en betroubare ondersteuning!
🎖️ Burgemeester Jackie von Brandis en Marelna se span – dit is voorwaar ’n voorreg en ’n inspirasie om te sien dat ons burgemeester belang stel in ons kinders wat letterlik honger is. Julle teenwoordigheid en ondersteuning gee hoop en wys dat leierskap met ’n hart steeds bestaan.
💖 Marine Heyns, Martie, Heinn en Marietjie, Tish, Louise en Bernie Schaap – elkeen van julle wat met wat ook al gehelp het, is meer as kosbaar. Julle hande, harte en bereidwilligheid het lig gebring waar dit donker was. Dankie dat julle deel was van hierdie wonderwerk van omgee.
🙌 Heinrich Terblanche – alhoewel “Ollie” – dankie dat jy jou inspirasie-storie met die kinders gedeel het: van ’n rystoel verlede jaar tot vandag waar jy kon regop staan met jou loopraam. Mag die Liewe Vader jou nog verder dra totdat jy daar inloop met krag en geloof. Jou teenwoordigheid en getuienis het diep geraak – dankie vir jou opregte betrokkenheid.
Fotograwe was Janeca Grobler en Elsie Steenkamp – Baie dankie julle
🙏 Aan elke vrywilliger wat hul tyd, geld en gawes opgeoffer het – julle wys dat liefde leef en dat lig sterker as duisternis is. Mag hierdie dag ‘n herinnering wees dat ons saam ‘n verskil kan maak – een stap op ‘n slag. En mag julle ook as julle hierdie lees en na die fotos kyk en kosbare oomblikke van die dag herleef oor en oor hoor…..
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!”
Liefde
Marina
0824308102
