NPO # 304-390

Contact: 082 430 8102 | mmbrink61@gmail.com

’n Dag vol Seën in George!

22 Junie het uiteindelik aangebreek na ’n lang wagtyd en groot opgewondenheid oor ons vriende van eKerk se besoek aan George. Ons het uitgesien daarna om hulle by ons projekte te verwelkom – projekte wat hulle nie net finansieel nie, maar ook met liefde en omgee ondersteun.
Hierdie jaar het Marietjie Joubert vir Willie en Liz saamgebring, en ons het sommer drie keer so bederf gevoel!
Ons dag het vroeg begin by Kretzenshoop Laerskool waar byna 100 Graad R-leerders geluister het na ’n kosbare boodskap van Marietjie oor vriendskap – wie jou beste maatjie is, en dat ons altyd ook ’n ander Maatjie het: Liewe Jesus. 💕
Na die boodskap het elke kind ’n warm hempie ontvang – met soveel liefde gemaak deur Lida Grove en haar helpers van daar naby Umtata. Elke hempie uniek, in die mooiste kleure… en die grootste pret was dat elke kind sy of haar eie een kon kies!
Daarna was daar lekker bederf – NikNaks en fizzers, uitgedeel deur tannie Marietjie en tannie Liz. Die kinders het ons ook ’n splinternuwe manier gewys om te sê dit gaan “BAIE GOED”! 😄
In die kombuis het ons saam ’n koppie rooibostee geniet, en soos net Marietjie kan doen, het sy dadelik vir die personeel gevra wat hulle nodig het – en voorwaar, dit is nog dieselfde dag afgelewer.
Baie dankie! eKerk
Ons volgende stop was Bethesda, waar dieselfde liefdevolle boodskap gedeel is met die Milestones-groep. Hulle het ook hempies ontvang, saam met iets lekkers om te eet.
Elsabe se ongelooflike, fyn handwerk – filtstories en poppies – het almal se harte geraak en gaan beslis ’n groot verskil in die klaskamers maak.
Daarna het ons deur die hospice gestap – waar die siek mense en dié wat herstel, besoek is. Aan elkeen is iets lekkers uitgedeel en daar is saam gebid. Stil oomblikke… vol hoop en liefde.
💛 Julle word ongelooflik waardeer. Julle is werklik spesiaal vir ons. 🟣
En die “moral of the story”?
Ons moet gee en doen
Ná so ’n dag besef jy weer: Tel jou seëninge, een vir een
Want ons almal het iets om te gee…
Nee, nie net iets nie – baie, sommer verskriklik baie!
✨ En iewers… sing die Engele in die Hemele ✨
#Ekerk #GeeMetLiefde #George #Gemeenskap #Seëninge #MaakVerskil #Omgee #Hoop #Dankbaarheid #SaamSterker