NPO # 304-390

Contact: 082 430 8102 | mmbrink61@gmail.com

eKerk - DIE STORIES | Gesprek met Marina Brink | Feed the Future

Luister hier na die podcast.

Wanneer ek aan twee woorde dink wat my hart diep raak, is dit Genade en Dankbaarheid.
Die ongelooflike genade van God – altyd, in alle omstandighede, ten spyte van ons tekortkominge – bly ’n vaste waarheid. Die Engelse woorde Grace en Mercy help ons om hierdie genade nog ryker en voller te verstaan.
En dan is daar Dankbaarheid. Dankbaarheid bring ’n glimlag sonder dat jy dit probeer, dit laat jou geliefd en kosbaar voel, en dit spoor jou aan om self só te leef dat ander ook dankbaarheid kan ervaar.
Met hierdie podcast, saam met Ekerk, dink ek aan die werk wat ons doen by Feed the Future, en die fondse wat ons van hulle ontvang. Wanneer ek aan Ekerk dink, ervaar ek ’n diepe dankbaarheid – want ek weet hulle tree altyd met genade op. Hulle boodskappe dra die oproep om goed te doen, goed te wees, en die goedheid van Jesus te ervaar.
Daarom klink ek saam met hulle op hierdie podcast ’n beker koue water – ’n eenvoudige, maar kosbare simbool van genade en dankbaarheid.
Marina