NPO # 304-390

Contact: 082 430 8102 | mmbrink61@gmail.com

Wat is dankbaarheid?

Dit is wanneer groot instansies soos Nedbank Commercial besluit om ’n verskil te maak – nie net deur hul ruimtes te vernuwe nie, maar deur hul meubels te skenk aan ’n plek soos Kretzenshoop Laerskool.
Die impak was onmiddellik sigbaar: nuwe leers en houers vir boeke, pragtige kaste, tafeltjies en nog soveel meer. Op ’n snikhete dag het kinders gehelp om af te laai en rond te ry, en die opgewondenheid in die klaskamers was tasbaar toe die nuwe meubels hul plek inneem.
Selfs die personeelkamer het ’n vars aansig gekry met amper nuwe wit tafeltjies – en toe kom Ekerk tot ons redding met die skenking van 40 stoele.

’n Spesiale woord van dank aan Louise Lategan wat al die reëlings getref het. Ons harte is vol waardering.
En tog, te midde van al hierdie geskenke, besef ek hoe dikwels ek ’n eenvoudige kas as vanselfsprekend aanvaar. Dankbaarheid herinner ons om stil te staan en te waardeer – nie net die groot gebare nie, maar ook die klein dinge wat ons daagliks omring.
Dankie Nedbank Commercial vir die meubels.

Dankie Ekerk vir die stoele. Ons waardeer julle opreg.